3 months ago
VAKANTE POS
REKENMEESTER
Aansoeke word ingewag vir bogenoemde pos in George. Diensaanvaarding so spoedig moontlik.
Posbeskrywing:
• Hantering van basiese kantooradministrasie
• Opstel van finansiële jaarstate en/of bestuurstate vir alle entiteite
• Voltooiing en indiening van Statutêre opgawes (soos bv BTW, LBS, WVF, Ongevalle ens)
• Kommunikasie met kliënte / regulerende owerhede
• Ander take soos van tyd tot tyd ooreengekom met bestuur
Vereistes:
• Toepaslike ervaring in opstel van finansiële state
• Kennis van inkomstebelasting is noodsaaklik
• Moet onafhanklik en onder druk kan funksioneer
• Moet effektief in spanverband werk en kommunikeer
• Rekenaarvaardig (bewese kennis van rekeningkundige stelsels en MS Office (Word / Excel)
Die volgende sal in u guns tel:
• Minimum 5 jaar ervaring in bogenoemde velde
Ons bied:
• Mededingende vergoedingspakket
• 40 uur werksweek
• Deel van ‘n dinamiese span
Persone met relevante ondervinding is welkom om 'n CV te epos na george@steylcloete.co.za
Aansoeke sluit op 05 Maart 2022. Indien u geen terugvoering ontvang teen 15 April 2022, kan u die aansoek as onsuksesvol beskou. ...
3 months ago
VAKANTE POS
KANTOORBESTUURDER / SENIOR REKENMEESTER
Aansoeke word ingewag vir bogenoemde pos in George. Diensaanvaarding so spoedig moontlik.
Posbeskrywing:
• Hantering van basiese kantooradministrasie
• Opstel van finansiële jaarstate en/of bestuurstate vir alle entiteite
• Voltooiing en indiening van Statutêre opgawes (soos bv BTW, LBS, WVF, Ongevalle ens)
• Kommunikasie met kliënte / regulerende owerhede
• Ander take soos van tyd tot tyd ooreengekom met bestuur
Vereistes:
• Toepaslike ervaring in opstel van finansiële state
• Kennis van inkomstebelasting is noodsaaklik
• Moet onafhanklik en onder druk kan funksioneer
• Moet effektief in spanverband werk en kommunikeer
• Rekenaarvaardig (bewese kennis van rekeningkundige stelsels en MS Office (Word / Excel)
Die volgende sal in u guns tel:
• Minimum 5 jaar ervaring in bogenoemde velde
Ons bied:
• Mededingende vergoedingspakket
• 40 uur werksweek
• Deel van ‘n dinamiese span
Persone met relevante ondervinding is welkom om 'n CV te epos na george@steylcloete.co.za
Aansoeke sluit op 31 Maart 2022. Indien u geen terugvoering ontvang teen 15 April 2022, kan u die aansoek as onsuksesvol beskou. ...
2 years ago
2 years ago
SARS sal nooit vir 'n belastingbetaler 'n e-pos stuur met 'n skakel om op te kliek om enige besonderhede, insluitend bankbesonderhede, te bevestig, of om SARS terugbetalings te eis nie. Onthou ook dat SARS se e-posadresse altyd eindig met "@sars.gov.za" . E-posse van enige adresse wat eindig met ".com" of ".co.za" is verseker nie SARS nie. Maak altyd seker wat die adres is waarvandaan 'n e-pos kom, aangesien die vertoon naam met eerste oogopslag geloofwaardig mag lyk.
Indien jy ooit onseker is of 'n e-pos 'n "scam" is, besoek die SARS webtuiste by www.sars.gov.za/TargTaxCrime/Pages/Scams-and-Phishing.aspx vir 'n lys bevestigde "scams" wat die rondte doen, of kontak jou rekenmeester.
MOET NOOIT OP 'N SKAKEL KLIEK IN 'N E-POS WAT VAN SARS BLYK TE WEES, VOOR JY NIE DIE GELDIGHEID DAARVAN BEVESTIG HET NIE ...
www.sars.gov.za
You need to be aware of email scams, and so we’ve created a section of the website where we will post updates of any scams we have heard about. Similarly, we would like you to tell us about any emails you think are scams or phishing. To report or to get more information on phishing, please send an...2 years ago
SARS will never send a taxpayer a link to click on to confirm any particulars including banking details or redeem refunds. Also keep in mind that all SARS email addresses end in "@sars.gov.za" . Emails from any addresses ending with ".com" or ".co.za" are definitely not SARS. Please always confirm the ending of the actual email address, since the display name of an email may look legit at first glance.
IF you are ever uncertain whether an email is a scam, visit the SARS website at www.sars.gov.za/TargTaxCrime/Pages/Scams-and-Phishing.aspx to see a list of identified scams making the rounds, or contact your accountant.
DO NOT CLICK ON ANY LINKS IN AN EMAIL SEEMINGLY FROM SARS, BEFORE CONFIRMING ITS LEGITIMACY ...
www.sars.gov.za
You need to be aware of email scams, and so we’ve created a section of the website where we will post updates of any scams we have heard about. Similarly, we would like you to tell us about any emails you think are scams or phishing. To report or to get more information on phishing, please send an...2 years ago
Na weke se gewag was ons verlede week so bly om met ons kliënte te deel dat ons telefoon probleem opgelos is, maar daar het intussen weer probleme opgeduik. Ons ondervind tans 'n probleem met ons hooflyn, 044 2791684, en weet nie hoe gou die probleem herstel sal kan word nie. Indien u probleme ondervind om deur te kom na ons kantoor, probeer tydelik hierdie nommer: 044 2727903 Dankie vir u begrip en geduld, ons verstaan die frustrasie. Intussen kan u ons steeds bereik per epos ook. ...
2 years ago
Ons bedank almal vir hul geduld en begrip met ons telefoonprobleme na die weerligskade. Ons stelsels is herstel en ons kan u weer ten volle met navrae behulpsaam wees. ...
2 years ago
Geagte kliënte. Weens 'n nabye donderweerslag is die telefoonstelsel van ons Oudtshoorn tak tans buite werking. Stuur asb 'n e-pos na oudtshoorn@steylcloete.co.za vir enige dringende navrae. Ons vra om verskoning vir die ongerief.
Dear clients. Due to nearby thunder, the telephone system at our Oudtshoorn branch is currently out of order. Please send an email to oudtshoorn@steylcloete.co.za for any urgent queries. We apologise for the inconvenience. ...
2 years ago
Goeie dag,
SARS het gister "auto assessments" begin uitreik. SARS gebruik IRP5, rente, annuïteite en mediese inligting tot hul beskikking om 'n voorlopige aanslag wat hul wil uitreik aan te dui. Almal word dan na SARS Efiling verwys om die aanslag te gaan aanvaar of te verwerp.
Die volgende is belangrik om kennis van te neem:
1. Indien die aanslag aanvaar word is die aanslag vir die jaar finaal en afgehandel. Let daarop dat SARS nie ander inligting (reistoelae, ekstra mediese uitgawes, besigheidsuitgawes ens) het nie, dus gaan baie voorlopige aanslae nie korrek wees nie. Ons beveel aan dat almal hul rekenmeester nader om die voorlopige aanslag na te gaan.
2. Indien die aanslag verwerp word kan die normale opgawe vanaf 1 September 2020 ingedien word via SARS Efiling. SARS Efiling het vandag begin sukkel om volume te hanteer aangesien die hele land probeer agterkom wat aangaan op hul aanslae.
Ons beveel aan dat mense wag tot volgende week voor hul na SARS Efiling gaan, ten einde die volume te versprei. Kliënte wat ook sms'e ontvang moet dit asseblief vir ons aanstuur sodat ons na hul outomatiese aanslae kan gaan kyk.
Enige iemand wat hulp nodig het met hul outomatiese aanslag kan 'n epos stuur na tax@steylcloete.co.za. Ons kantoor het tans baie volume weens die navrae, maar ons sal so spoedig moontlik na u terug kom. ...
2 years ago
2 years ago
Steyl & Cloete Rekenmeesters se kantore in George en Oudtshoorn is ten volle operasioneel, en kan kliënte enige tyd ontvang. Kontak ons gerus vir bystand met BTW, finansiële state, groepsbeplanning en meer.
Ons verwelkom hiermee ook vir me Lisa van Wyk as kantoorbestuurder van ons George tak. Sy hou die kwalifikasie AGA (SA) by SAICA, en is 'n waardevolle toevoeging tot ons personeel.
Besoek gerus ons webwerf by www.steylcloete.co.za vir meer inligting oor ons takke, dienste en personeel. ...
2 years ago
Goeie dag - Steyl en Cloete Rekenmeesters kan kliënte per afspraak by ons kantore sien. Tans werk personeel van hul huis af. Kontak ons by 082 366 4523 of oudtshoorn@steylcloete.co.za om 'n afspraak te reël of navrae te rig. Personeel is ook op hul normale eposse beskikbaar. ...
2 years ago
Goeie dag,
Suid Afrika staar vir die eerste keer 'n baie unieke situasie in die gesig, wat ons almal noodsaak om kreatief te wees en aan te pas.
Steyl en Cloete Rekenmeesters se personeel werk sover prakties moontlik van hul wonings af tydens die Covid19 inperkingsperiode. Vir kontak met ons kantoor kan 'n epos gestuur word na oudtshoorn@steylcloete.co.za, wat deur een van ons administratiewe personeellede gemonitor word. Sy sal die nodige deurgee aan die personeellid wat versoeke/navrae kan hanteer, afhangende van die aard van die kommunikasie.
Wie sou kon dink dat die hele wêreld basies onder kwarantyn geplaas sou word weens 'n virus? Volg asseblief basiese gesondheidsriglyne om uself en u geliefdes veilig te hou, en spandeer lekker tyd saam!
Vir ons kliënte wat noodsaaklike dienste en mediese dienste lewer – dankie vir jul toegewydheid gedurende hierdie tyd. Bly veilig!
Groete
Steyl & Cloete Bestuur ...
3 years ago
All South African citizens and clients are reminded about deadlines for submitting you 2019 tax returns.
The following applies:
* If you are submitting your tax return yourself at a SARS branch you should visit a SARS office before 31 October 2019, since SARS offices is dedicated up to that date to prioritize tax return submissions.
* If you are not a provisional tax payer and are submitting your tax return via SARS Efiling / via your accountant the deadline for submission is 04 December 2019.
* If you are a provisional tax payer and are submitting your tax return via SARS Efiling / via your accountant the deadline for submission is 31 January 2020.
Life happens, but always aim to stay within the prescribed time period to avoid possible penalties and/or other inconveniences.
Should you require your accountant to submit your tax return on your behalf it would be courteous to give them your documentation as soon as possible to allow them enough time to process your documentation and submit your return on time. Remember, most accounting firms has hundreds of tax returns to handle and therefore has to spread the volume.
Please contact us via www.steylcloete.co.za should you require assistance with your tax returns! Also subscribe on Twitter at handle @steylcloete to get notifications and news snippets. ...
3 years ago
3 years ago
Steyl and Cloete Accountants opened a new branch in George, Western Cape on 2 September 2019.
Our services includes accounting, taxation, secretarial and advisory services.
Visit our website at www.steylcloete.co.za for more information! ...
Steyl & Cloete Rekenmeesters Steyl & Cloete Rekenmeesters updated their profile picture.
3 years ago